Wednesday, 24 July 2013

Ruda Landman gaan teen wit rassiste opstaan media24

 Verontwaardigde Ruda Landman, wat ook 'n direkteur by media24 deel van NASPERS se media empaaier, het die afgelope week aan Rapport gesê sy is keelvol daarvoor dat rassiste aanneem sy is ook een net omdat sy ook wit is.
Landman, wat blykbaar bekommerd is dat sy nie meer deur die publiek as 'n bekende gesig opgemerk word nie, het aan Rapport gesê sy gaan nooit weer rassistiese opmerkings duld nie.



Die byna-vergete TV-joernalis, wil nou opstaan "teen die stilswye oor rassisme" nadat 'n lid van die publiek by Aardklop-kunstefees 'n opmerking oor die gedwonge insluiting van swart mense op Kyknet gemaak het.

'n Lid van die publiek het Landman gevra hoekom daar soveel Engelse en swart mense op M-Net te sien is. "Jy kan deesdae op elke kanaal 'pick-a-boy' speel," het die vrou vriendelik teenoor Landman opgemerk.

Dié opmerking was waarskynlik gemaak omdat die vrou gedink het Landman het haar werk verloor agv regstellende aksie op Kyknet.

Landman het nie dadelik geantwoord nie en maar later by 'n openbare lesing uit die gehoor opgestaan om haar "spyt" oor die voorval met ander feesgangers te deel.

Landman het in 2007 met groot geskal aangekondig dat die gestorwe tydskrif Insig sal voortgaan as Boeke-insig onder haar leiding. Dié publikasie is intussen tot niet en Landman het uit die openbare oog verdwyn.

Haar nuwe ywer om wit "rassiste" kort te vat, het haar egter nou weer in die nuus gekry.

"Ons moet ophou om uit ordentlikheid stil te bly as mense sulke dinge kwytraak," het sy aan Rapport gesê. "Ek is skaam oor wat gebeur het. Daardie vrou het daar weggeloop onder die indruk dat ek met haar saamgestem het omdat ek niks gesê het nie."
Alles ook op News24 maar jy kry dit ook hier.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.