Monday, 29 July 2013

Die Regse, Rassistiese Blankes en Verkrampte Boere vra hul Linkse, Liberale Landgenote vir 'n Egskeiding!

Deur Sunette Bridges
My Liewe Liberale, Verligte, Sosialitiese, Vrydenkende, Kommunisitiese, ANC-Ondersteunende, Mandela-Aanbiddende, Linkse Landgenoot ons vra julle om van ons te skei en ons toe te laat om in ‘n land van ons eie te bly. Hiermee ons amptelike versoek:

Dit is duidelik dat ons nooit sal ooreenkom oor wat die beste vir almal van ons is nie en miskien moet ons poog om op vriendskaplike basis uitmekaar te gaan. Ons kan dit bloot toeskryf aan onversoenbare verskille en mekaar die beste vir die toekoms toewens.

Hiermee my voorstelle vir ons skikkingsooreenkoms:



Ons Landgoed is huidiglik verdeel in 9 onderskeie eiendomme. Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Kwa Zulu Natal, Free State, Limpopo, Gauteng, Mpumalanga en Noord-Wes.

Ons sal met liefde afstand doen van die 32% van Natal wat reeds aan die Zoeloes behoort, Swaziland, Lesotho, Transkei, Bophutatswana, Venda, Ciskei, Mamelodi, Soweto, Johannesburg, Attridgeville, Hammanskraal en elke ander stukkie grond waar jul broeders reeds vir julle pragtige stede gebou en suksesvolle boerderye gevestig het asook elke ander gebied wat reeds tot woestyn vertrap of in 'n hool verander is en sommer etlike hektaar grond rondom die gebiede.

Gun asseblief net die dierbare Boeremense wat dalkies in die plekke bly die geleentheid om te pak. Hulle sal ongelukkig met hulle moet saamneem hul kosbare kundigheid in landbou asook al hul implimente en jare se ondervinding om ‘n ondankbare lot van julle van voedsel te voorsien. Laat asseblief ook ‘n tydjie toe vir die sakemanne in en om Johannesburg om hulself elders te vestig voor ons die Sodom en Gomorra aan julle oorhandig, tesame met die suur mynwater en 15 Miljoen werklose, klipgooiende stakers.

Van Natal doen ons met ‘n swaar hart afstand, maar synde dit reeds tot Zoeloe-koninkryk verklaar is, laat dit  ons met geen ander opsie nie. Nog meer hartverskeurend is die verlies aan die groot dele van die Vrystaat en Mamparralanga, maar synde daar dele is wat reeds brand en daar bitter min dorpe oor is waar daar nog skoon, lopende water beskikbaar is en daar in dele van Mamparralanga binnekort niks anders gaan wees as ‘n Oopgroef Steenkoolmyn nie, het ons nie werklik enige verdere nut daaraan nie. Julle is ook welkom tot die Noord-Wes se platinum rykdom, maar maak asseblief seker geen van jul stakende, kapmes-draende broeders verlaat ooit jul grense nie. Die Wes-Kaap en Anti Zille, diè kan julle ook maar vir 'n wyle hou, tesame met al die ingevoerde stemvee van die ANC  en die oproeriges van die ANCJL. Julle sal dit weldrae aan ons terugbesorg uit pure moedeloosheid. Moet nou nie so moedswillig wees nie en laat ons toe om vir ons 'n ou stukkie grond af te baken toe man!

Synde ons nie enige belang het in AA en B-BBEE nie, kan julle die ook maar vat. Ons verkies dat kundiges eerder poste beklee wat hulle met sukses kan hanteer en tot die welstand van ons mense sal bydra.

 Julle is welkom tot SARS en net soveel tolhekke en “Jammer ek leef” belastings as wat julle begeer. Ons het geen belang by enige van bogenoemde nie. Ons verkies ‘n regverdige belastingstelsel wat verseker dat ons dorpe skoon is, ons skole en hospitale met kundigheid bestuur word en ons weermag en polisie betroubaar is.

Julle is welkom om al die huidige Parlimentslede, ANC lede, ANCJL lede, Cope lede. DA lede, IFP lede, EFF, Agang en enige ander Vakbondlede en Liegbek Politici te hou en daarmee saam al wat Skaam en Apologetiese Afrikaner is. Ons beloof om al die AWB, WBW, VVK, Suidlander, Verkenner, Geloftevolk en legio ander Boere-organisasies se lede en elke ander "Rasssis" met ons saam te neem.

Aangesien julle geen erg het in “Die Stem” en “Die Vierkleur” nie, sal ons die ook neem. Julle is meer as welkom om “nkosi ek sukkel” te sing onder die onderbroekvlag.

Ons sal ook met liefde ons Boeremagmanne, Oud-Weermagmanne, Oud-Polisiemanne, goed opgeleide Onderwysers, Verpleegsters, Ambagsmanne en elke ander persoon wat te wit is om te werk in die huidige bestel met ons saamneem en onbeperkte ruimte laat vir die “Agtergeblewenes’ oor wie jul harte so bloei.

Ons sal die kundige Boere en hardwerkende Blankes wat in jul Utopia uitgemoor word, ook met ons saamvat en verseker dat ons en ons kinders kos het vir nou en in die toekoms.Julle is welkom om al die “Social Grant” ontvangers en die “We Demanders” te hou en ons sal met ons saamvat AL ons mense wat vergaan in die ANC se Moordkampe.

Ons soebat julle om asseblief vir Zuma, Malema, Tutu, Winnie, Manuel, Sheik, Selebi en elke ander kader te hou!

Julle is welkom tot Freedompark, The Apartheid Museum, al wat Mandela Standbeeld is en elke ander monument gebou vir die terroriste wat julle so aanbid. Ons beloof om tot die laaste straatnaambord te verwyder van elkeen van ons Volkshelde.

Ons sal ons Bybels saamvat en julle kan biblioteke bou vir die liberale Outeurs van die ideologie wat julle so verblind het.

Julle kan RDP-huisies bou vir al wat Afrikaan is terwyl ons ons grense dag en nag bewaak teen hul soort.

Ons sal ons kinders die Ware Geskiedenis van ons Voorgeslagte leer en julle kan al die volumes ANC propaganda vir julself hou.

Ons sal vashou aan ons geloof in die Drie Enige God en julle kan met liefde ‘n mengelmoes van Ateïsme, Budisme, Islam, Scientology en al wat ander geloof is beoefen – of nie – nes julle lekkerkry!

Ons verkies om die beginsel toe te pas dat individuele welvaart goed is vir almal in die gemeenskap en duisende mense van werk voorsien en julle is welkom om te nasionaliseer tot julle blou is in die gesig!

Met liefde

Die Verkrampte, Regse en Regdenkende Blankes van Suid-Afrika

NS! Aangesien ons geskiedenis julle so geweldig grief, behou ons ook die naam Republiek van Suid-Afrika en is julle meer as welkom om julself nou amptelik Azanië te noem.

…o, en indien jy ooit moet bel na die Republiek van Suid-Afrika, sal jy nie ‘1” hoef te druk vir diens in Afrikaans nie.

Sterkte! …en moet ons asselbief nie in die toekoms kontak vir hulp nie.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.